TuisBRL / CAD • Geldeenheid
add
BRL / CAD
Vorige sluiting
0,25
Marknuus
Meer oor Brasilliaanse reaal
Die Brasiliaanse real is die geldeenheid van Brasilië. Een real is 'n honderd centavos.
Die naam real verwys na die Portugese woord vir koninklik.
Munte in sirkulasie is: 5, 10, 25, 50 centavos en 1 real. Die papiergeld is beskikbaar in 2, 5, 10, 20, 50 100 en 200 real.
Die eerste geldeenheid wat in Brasilië gebruik is vanaf 1624 was die gulden, tydens die besetting van Brasilië deur Nederland. Die reais word al vanaf 1654 as geldeenheid in Brasilië gebruik en was die eerste ware Brasiliaanse geldeenheid sedert 1690.
As gevolg van inflasie is die mil-réis in 1846 in gebruik geneem. Mil-réis beteken duisend real. Die mil-réis is deur die cruzeiro in 1942 vervang in 'n 1:1 verhouding, alhoewel die mil-réis nog tot in 1955 in gebruik was. WikipediaMeer oor Kanadese dollar
Die Kanadese Dollar is die amptelike geldeenheid van Kanada. Gewoonlik word afkortings soos die dollar-teken $ of C$ of CAD$ gebruik om na die Kanadese Dollar te verwys en dit van ander lande se dollar-geldeenhede te onderskei.
Terwyl die International Organization for Standardization se kode CAD algemeen gebruiklik is, is daar ook ander afkortings en simbole soos C$, Can$ en CDN$ vir die Kanadese geldeenheid.
Die Kanadese Dollar word in 100 sente onderverdeel. Die Kanadese Dollar is die monetêre basis vir die Kanadese ekonomie, en alle munte word deur die Koninklike Kanadese Munt geslaan, terwyl die Canadian Bank Note Company en BA International Inc alle banknote in opdrag van die Bank of Canada/Banque du Canada druk. Wikipedia