Finansies
Finansies
TuisCLP / CAD • Geldeenheid
CLP / CAD
0,0015
4 Jul., 23:57:24 UTC · Vrywaring
Wisselkoers
Vorige sluiting
0,0015
Marknuus
Die peso is die geldeenheid van Chili. Dit is oorspronklik amptelik verdeel in 100 centavos, maar reeds in 1976 is dié deeleenheid weer afgeskaf. Die pesoteken is 'n S met een of twee vertikale strepe, $, die ISO-geldeenheidkode is CLP. Tans is muntstukke ter waarde van $1, $5, $10, $50, $100 en $500 en banknote ter waarde van $1000, $2000, $5000, $10000 en $20000 in omloop. Die huidige peso is in 1975 in omloop geplaas, terwyl 'n vroeëre geldeenheid met dieselfde naam reeds tussen 1817 en 1960 sirkuleer het. Chili se amptelike geldeenheid is gedurende die 20ste eeu meerdere kere gewysig. 'n Tyd lank was die condor, wat onderverdeel is in 10 pesos, die wetlike betaalmiddel. Daarna is die peso en vervolgens die escudo ingevoer voordat die peso in 1974/75 heringevoer is. Die peso/rand-wisselkoers is op 1 Mei 2016 vasgestel op ZAR 0,0215409 per $ 1,00. Wikipedia
Die Kanadese Dollar is die amptelike geldeenheid van Kanada. Gewoonlik word afkortings soos die dollar-teken $ of C$ of CAD$ gebruik om na die Kanadese Dollar te verwys en dit van ander lande se dollar-geldeenhede te onderskei. Terwyl die International Organization for Standardization se kode CAD algemeen gebruiklik is, is daar ook ander afkortings en simbole soos C$, Can$ en CDN$ vir die Kanadese geldeenheid. Die Kanadese Dollar word in 100 sente onderverdeel. Die Kanadese Dollar is die monetêre basis vir die Kanadese ekonomie, en alle munte word deur die Koninklike Kanadese Munt geslaan, terwyl die Canadian Bank Note Company en BA International Inc alle banknote in opdrag van die Bank of Canada/Banque du Canada druk. Wikipedia
Ontdek meer
Jy stel dalk belang in
Hierdie lys word gegenereer uit onlangse soektogte, effekte wat gebruikers volg en ander aktiwiteit. Kom meer te wete

Alle data en inligting word “voetstoots” en uitsluitlik vir persoonlike inligtingsdoeleindes verskaf; dit is nie bedoel as finansiële advies of vir verhandeling nie, en ook nie as beleggings-, belasting-, regs-, rekeningkundige of ander advies nie. Google is nie 'n beleggingsadviseur of 'n finansiële adviseur nie, en spreek geen beskouing, aanbeveling of mening uit ten opsigte van enige van die maatskappye wat by hierdie lys ingesluit word of enige effekte wat deur daardie maatskappye uitgereik word nie. Raadpleeg asseblief jou makelaar of finansiële verteenwoordiger om pryse te verifieer voordat jy enige handelstransaksies uitvoer. Kom meer te wete
Search
Vee soektog uit
Maak soekkassie toe
Google-programme
Hoofkieslys