TuisKRW / USD • Geldeenheid
add
KRW / USD
Vorige sluiting
0,00068
Marknuus
Meer oor Suid-Koreaanse won
Die won of die Koreaanse Republiek Won is die geldeenheid van Suid-Korea. 'n Enkele won word verdeel in 100 jeon, die monetêre subeenheid. Die jeon word nie meer gebruik vir alledaagse transaksies nie, en verskyn slegs in wisselkoerse. Die won word uitgereik deur die Bank van Korea, gebaseer in die hoofstad, Seoel.
Die amptelike geldeenheid van Noord-Korea, wat uitgereik word deur die Sentrale Bank van die Demokratiese Volksrepubliek van Korea in sy hoofstad, Pjongjang, is verdeel in dieselfde aantal eenhede, en staan bekend as die Noord-Koreaanse won. WikipediaMeer oor VSA-dollar
Die Amerikaanse dollar of VSA-dollar is die amptelike geldeenheid van die Verenigde State van Amerika en sy eilandgebiede, asook van Bonaire, die Britse Maagde-eilande, Ecuador, El Salvador, Liberië, die Marshalleilande, die Gefedereerde State van Mikronesië, Oos-Timor, Palau, Panama, Saba, Sint Eustatius, die Turks- en Caicos-eilande en Zimbabwe.
Die VSA neem die dollar in 1792 in gebruik. Die geldeenheid word sedert die Tweede Wêreldoorlog as anker-valuta in die internasionale handel beskou. Vir die rede word die pryse van goud en olie internasionaal in dollars uitgedruk. Wikipedia