TuisRUB / CAD • Geldeenheid
add
RUB / CAD
Vorige sluiting
0,017
Marknuus
Meer oor Russiese roebel
Die Russiese roebel is die geldeenheid van Rusland, asook die vier gedeeltelik-erkende republieke van Abchasië, Suid-Ossetië, Donetsk en Loehansk. Die roebel was die geldeenheid van die Russiese Ryk en die Sowjetunie voor sy ontbinding. Belarus en Transnistrië gebruik geldeenhede met dieselfde naam.
Die roebel is onderverdeel in 100 kopeks. Die Russiese roebel is die wêreld se eerste desimale geldeenheid. Dit is gedesimaliseer in 1704 toe die roebel wetlik gelyk aan 100 kopeks gestel is. WikipediaMeer oor Kanadese dollar
Die Kanadese Dollar is die amptelike geldeenheid van Kanada. Gewoonlik word afkortings soos die dollar-teken $ of C$ of CAD$ gebruik om na die Kanadese Dollar te verwys en dit van ander lande se dollar-geldeenhede te onderskei.
Terwyl die International Organization for Standardization se kode CAD algemeen gebruiklik is, is daar ook ander afkortings en simbole soos C$, Can$ en CDN$ vir die Kanadese geldeenheid.
Die Kanadese Dollar word in 100 sente onderverdeel. Die Kanadese Dollar is die monetêre basis vir die Kanadese ekonomie, en alle munte word deur die Koninklike Kanadese Munt geslaan, terwyl die Canadian Bank Note Company en BA International Inc alle banknote in opdrag van die Bank of Canada/Banque du Canada druk. Wikipedia