TuisRUB / USD • Geldeenheid
add
RUB / USD
Vorige sluiting
0,010
Marknuus
Meer oor Russiese roebel
Die Russiese roebel is die geldeenheid van Rusland, asook die vier gedeeltelik-erkende republieke van Abchasië, Suid-Ossetië, Donetsk en Loehansk. Die roebel was die geldeenheid van die Russiese Ryk en die Sowjetunie voor sy ontbinding. Belarus en Transnistrië gebruik geldeenhede met dieselfde naam.
Die roebel is onderverdeel in 100 kopeks. Die Russiese roebel is die wêreld se eerste desimale geldeenheid. Dit is gedesimaliseer in 1704 toe die roebel wetlik gelyk aan 100 kopeks gestel is. WikipediaMeer oor VSA-dollar
Die Amerikaanse dollar of VSA-dollar is die amptelike geldeenheid van die Verenigde State van Amerika en sy eilandgebiede, asook van Bonaire, die Britse Maagde-eilande, Ecuador, El Salvador, Liberië, die Marshalleilande, die Gefedereerde State van Mikronesië, Oos-Timor, Palau, Panama, Saba, Sint Eustatius, die Turks- en Caicos-eilande en Zimbabwe.
Die VSA neem die dollar in 1792 in gebruik. Die geldeenheid word sedert die Tweede Wêreldoorlog as anker-valuta in die internasionale handel beskou. Vir die rede word die pryse van goud en olie internasionaal in dollars uitgedruk. Wikipedia