TuisUSD / INR • Geldeenheid
add
USD / INR
Vorige sluiting
86,20
In die nuus
Meer oor VSA-dollar
Die Amerikaanse dollar of VSA-dollar is die amptelike geldeenheid van die Verenigde State van Amerika en sy eilandgebiede, asook van Bonaire, die Britse Maagde-eilande, Ecuador, El Salvador, Liberië, die Marshalleilande, die Gefedereerde State van Mikronesië, Oos-Timor, Palau, Panama, Saba, Sint Eustatius, die Turks- en Caicos-eilande en Zimbabwe.
Die VSA neem die dollar in 1792 in gebruik. Die geldeenheid word sedert die Tweede Wêreldoorlog as anker-valuta in die internasionale handel beskou. Vir die rede word die pryse van goud en olie internasionaal in dollars uitgedruk. WikipediaMeer oor Indiese roepee
Die roepee, of meer spesifiek die Indiese roepee is die amptelike geldeenheid van die Republiek van Indië. Die uitreiking van die geldeenheid word deur die Reserwebank van Indië beheer. Dit is genoem na die silwer muntstuk, rupiya, die eerste keer uitgereik deur Sultan Sher Shah Suri in die 16de eeu en later voortgesit deur die Mogolryk.
In Hindi staan die roepee bekend as भारतीय रुपया en in Engels as Indian rupee. Die moderne roepee is teoreties onderverdeel in 100 paise, maar vanaf 2011 is slegs 50-paise-munte 'n wettige betaalmiddel. Banknote in sirkulasie verskyn in denominasies van ₹5, ₹10, ₹20, ₹50, ₹100, ₹500 en ₹1000. Rupeemunte is beskikbaar in denominasies van ₹1, ₹2, ₹5, ₹10.
Die Indiese rupeesimbool ₹ Wikipedia